’N versoeningsweek vir Oudtshoorn – so word die Oudtshoorn vir Jesus-veldtog wat van Maandag, 21 September, tot Sondag, 27 September, op die dorp plaasvind, bestempel. Dit maak deel uit van ’n landwye versoeningsveldtog van 21 tot 27 September.
Die veldtog sluit onder meer ’n evangelisasieveldtog deur die strate van Oudtshoorn van Maandag tot Saterdag in, en lofprysingsdienste in ’n groot tent op die Rec vanaf Woensdag tot Sondag.
Die dienste word gelei deur Rooies Strauss (Donderdag, 19:00), Ranger Grebe (Vrydag, 19:00), dr Kobus Allan (Saterdag, 19:00) en dr Graeme Weber (Sondag, 10:00). Daar is ook ’n gebed- en losprysingsdiens Saterdagoggend om 10:00.
Volgens Grebe, woordvoerder van die veldtog op Oudtshoorn, het die veldtog begin by die visie van ’n pa en sy twee seuns.
Die veldtogleiers het die week daarop gewys dat die veldtog nie ’n kerkbou- of fondsinsamelingsprojek is nie, maar ’n geleentheid wat hoop wil bied vir gebrokenes en ook siele wil wen vir God se Koninkryk.
Almal is welkom om te deel in die week en die dienste op die Rec by te woon.
Vir meer inligting gaan na Oudtshoorn vir Jesus op Facebook of na www.oudtshoornvirjesus.org of e-pos na info@oudtshoornvirjesus.org of sms na 072 247 2126.
↧
Versoeningsweek hier
↧