Quantcast
Channel: Die Hoorn
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5434

Kersop DA se kandidaat

$
0
0
2 George Kersop1

George Kersop.

Deur Liesel le Roux
DIE DA het Dinsdag George Kersop aangewys as die party se kandidaat vir die tussenverkiesing op 11 No­vem­ber in Wyk 2. Kersop was saam met dr Johan Strasheim en Lizanne Pelham op die party se kortlys vir kandidate vir die tussenverkiesing.
Wyk 2 het vakant geraak na die bedanking van Pierre Nel as raadslid in Augustus. Nel het die wyk telkens sedert 2006 met baie groot meerderhede gewen.
Kersop wat die afgelope vier jaar die voorsitter van AfriForum Oudts-hoorn was, sê hy gaan as gevolg van sy aanwysing as DA-kandidaat bedank as die liggaam se voorsitter.
“Ek het by AfriForum betrokke geraak omdat ek gevoel het ek wil nie net praat oor wat verkeerd is op die dorp nie, maar betrokke raak en ’n verskil maak.”
Hy sê sy fokus as DA-kandidaat gaan steeds die opbou en vooruitgang van Oudtshoorn wees.
Volgens hom gaan die DA hard werk in die wyk en nie op sy louere rus nie. “Ons sien die tussenver-kiesing as ’n baie groot uitda­ging,” het Kersop gesê.
Hy sê hy het hom beskikbaar ge­stel as kandidaat omdat hy graag wil help met die heropbouproses binne die munisipaliteit en sal wil sien dat Oudtshoorn weer soos in die verlede funksioneer.
“Ek wil hê dat dinge by die munisipaliteit moet regkom. Inwoners moet betrokke raak in hul wyke en baklei vir die herstel en opbou van hul dorp. Hulle moet verantwoordelikheid neem vir die dorp se Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP) en begroting. Dit is die gemeenskap s’n.
“Ons moet almal inklim en werk. Ek sal graag positiewe leiding wil neem.
Inwoners van Wyk 2 wat nog nie in die wyk geregistreer is nie, sal vroeg in Oktober die geleentheid kry om te registreer.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5434