Quantcast
Channel: Die Hoorn
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5434

Bakkie draf 1,5 miljoen km kaf

$
0
0

DIE Isuzu KB 250 D-bakkie van Gerhard du Toit (70) waarmee hy sy koerierbesigheid Roadrunner bedryf, het 1,5 miljoen km op sy odometer en het hierdie afstand hoofsaaklik op die pad tussen Oudtshoorn en George afgelê.
Du Toit vertel vandeesweek sy bakkie is ’n 1996 model wat in 1997 as demonstrasiemodel deur sy broer, Fred, gekoop is om die koerierbesigheid mee te begin. Hy het die bakkie in 2003 by sy broer gekoop, en sedertdien ry hy twee keer per dag, vyf dae per week George toe en terug.
Volgens Du Toit het die bakkie nog sy oorspronklik enjin en ratkas. “Ek moes een keer die ratkas se laers vervang en moes ook al die dieselpomp en inspuiters (injectors) laat oordoen.
Hy skryf die bakkie se lang lewe daaraan toe dat hy die bakkie getrou elke 10000 km laat diens. Hy laat dit sedert 2003 net by Wieldokter op Oudtshoorn diens. Hy ry ook basies tussen 100 en 120 km per uur en was nog nooit in ’n ongeluk nie.
Du Toit weet nou nie mooi of hy die Dakar met die bakkie sal aandurf nie, maar hy ry omtrent enige pad daarmee. Hy het selfs al oor naweke met die bakkie gaan kampeer.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5434