Quantcast
Channel: Die Hoorn
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5434

Pa kry huisarres na aanranding

$
0
0

Deur Garnett Wicomb  
’N MAN van Riemvasmaak wat aan die seksuele aanranding van sy eie 14-jarige dogter skuldig bevind is, is in die Oudts­hoorn Streekhof ’n opgeskorte vonnis opgelê en tot korrektiewe toesig van 24 maande onder huisarres gevonnis.
Die 51-jarige man is aanvanklik aan­gekla van statutêre verkragting, maar die staat het ’n pleit van seksuele aanranding aanvaar. Streeklanddros Daniel Boks het met vonnisoplegging gesê dit is so verkeerd van familielede om druk te plaas op kinders om sulke sake terug te trek omdat die oortreder tronkstraf in die gesig staar vir sy skandalige optrede.
Die kind het aan die voetenent van die bed saam met haar ouers geslaap toe haar pa haar privaatdele bo-oor haar broekie gelek het. Volgens hom was hy van mening dat dit sy vrou was.
Die hof het in ag geneem dat die beskuldigde skuldig gepleit en onder die invloed van alkohol was.
Sy naam word ter wille van die beskerming van die privaatheid van die kind nie bekend gemaak nie.
Volgens die landdros ly die kind die ergste onder die gebeure omdat sy van haar ouerhuis weggeneem is en nou by ’n familielid moet woon.
“Hierdie soort laakbare optrede kom gereeld in die hof se bedieningsgebied voor en word deur die howe in ’n baie ernstige lig beskou,”  het Boks gesê.
Die man is vyf jaar gevangenisstraf opgelê wat in geheel vir vyf jaar opgeskort is. Hy moet onder meer vir 16 uur per maand gemeenskapswerk verrig en hom onderwerp aan rehabilitasieprogramme van die departement korrektiewe dienste. Hy mag vir 24 maande sy huis net vir werk en kerkdoeleindes verlaat, moet hom weerhou van die gebruik van alkohol en dwelms en nie van adres verander nie, het die hof beslis.
Sy naam word ook  in die nasionale register vir seksmisdrywe aangeteken.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5434