Quantcast
Channel: Die Hoorn
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5434

Willim Welsyn, Ryno Velvet by La Dolce Vita

$
0
0
Ryno Velvet (links) en Willim Welsyn is Saterdagaand op Oudtshoorn met ’n rock n roll makietie! Foto: Gillian Coetzee

Ryno Velvet (links) en Willim Welsyn is Saterdagaand op Oudtshoorn met ’n rock n roll makietie! Foto: Gillian Coetzee

• Kaapse rockers dra show aan Liza op

LA DOLCE VITA, bekende restaurant in Baron van Reedestraat, Oudtshoorn, vier Saterdag (8 Oktober) sy negende verjaarsdag met ’n rock n roll makietie!
Die Kaapse rockers Willim Welsyn en Ryno Velvet het onlangs begin kragte saamsmee en is op pad Oudts­hoorn toe om hul nuwe rock-produksie vir die eerste keer te kom opvoer as deel van La Dolce Vita se verjaarsdagvieringe.
“Tussen vyf KKNK’s en ’n hele paar ander vertonings sal hierdie my 88ste keer wees wat ek by La Dolce Vita optree. Ek het grootgeword op daai verhoog saam met Christoff (Be­zuidenhout) en Liza (Gelder­blom),” sê Willim Welsyn.
“Dit sal ook die eerste keer wees wat ek by La Dolce speel sonder dat Liza daar is. Die laaste keer wat ek daar opgetree het, het sy my huis toe ge-stuur met La Dolce se legendariese geldboks. Dit was liewe Liza se laaste geskenkie aan my. Ons dra die show Saterdag op aan haar.”
Liza (35), wat La Dolce Vita saam met Christoff bestuur het, is op 18 April vanjaar oorlede nadat sy skielik op 1 April siek geword en ernstige lewer- en nierprobleme ontwikkel het. Liza was wyd buite die dorp se grense bekend en geliefd en het be­kend gestaan as Oudts­hoorn se eie “kaal-voetblommekind”.
Saterdagaand se vertoning skop om 19:00 af. Kaartjies kos R100 en be­sprekings kan gedoen word by 044 279 3269. Kleredrag is Rock n roll!
Die een met die beste uitrusting sal ’n William Welfare-plaat, ’n Willim Welsyn-CD en ’n Ryno Velvet-CD wen.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5434