
Sers Glenville Barry en konst Bennet de Wee met van die dwelms wat gevind is.
Vyftien mense is die afgelope weke in verskeie optredes teen dwelmsmokkelaars deur die Ladismith Polisisie vasgetrek.
Volgens ao Jan Cederas is drie persone op 13 Desember vir die besit van dagga en tik in hegtenis geneem. Dit het gevolg toe huise van vermeende dwelmsmokkelaars die oggend tussen 06:00 en 14:00 deur lede van die openbare orde polisie en honde-eenheid in Ladismith en Zoar deursoek is.
Oor die Kersfeesnaweek is nog 10 persone toegesluit vir die besit van dagga en tik nadat beslag gelê is op 356 gram dagga en drie tiklollies. Een persoon is in hegtenis geneem vir handel in drank sonder ’n wettige lisensie en beslag is gelê op meer as 100 000 liter drank.
Op 30 Desember is ’n 20-jarige vrou vasgetrek vir handel in dagga en beslag gelê op 8 kg dagga. Die dagga is in die vrou se bagasie gevind nadat sy uit ’n taxi uit Kaap geklim het.