Ek sal bly wees as ons wat die broodwinners is, voorkeur kry by die staatsprojekte, want ’n jongmens gaan nie op dieselfde manier sorg soos sy ouer nie. Ek sien by die padprojek, uit De Rust se perpektief, is dit ’n geval van baantjies vir boeties. In fact word dit openlik gedoen en nog gespog ook daarmee. Daar is van hulle wat weet hy gaan werk in De Rust kry – daarom doen hulle nie eers moeite om buite die plek te gaan werk soek nie.
*****
Goeiedag, het dringend die hulp van die lesers en inwoners van Oudtshoorn nodig. My man is tans in die hospitaal in Kaapstad. Ek wil hom graag gaan besoek, maar my finansies laat dit nie toe nie en ons baba van een jaar mis ook haar pa, so enige een wat ons kan help – ek sal dit baie waardeer. Kontaknommer is 0789647087. Baie dankie
*****
Dit klink nou belaglik, maar dit is waar: ’n sekere begrafnisonderneming in die Oudtshoorn-area voorsien jou van alles behalwe ’n gat. Nou wat maak jy met ’n lyk sonder ’n gat, wat die belangrikste is? So asseblief, publiek, wees versigtig waar julle ’n begrafnisdekkingspolis uitneem. En dan word jy in die verleentheid en ongerief geplaas in plaas daarvan dat jy kan rou.
*****
Ons in Oudtshoorn is ook geraak deur wat die naweek in Bloemfontein gebeur het. Die meeste van ons kon nie daar wees nie, maar die boodskap van toewyding en hoop vanuit Bloemfontein bemoedig mense dwarsoor Suid-Afrika en in die Klein Karoo.
*****

Hierdie vier hansies van Trudy Lamont het vanaf Kareedouw tydens die KKNK saam in Oudtshoorn gekuier. “Ons dink Oudtshoorn is ’n mooi plek en sal baie graag weer eendag wil kom kuier,” vertel sy.
The post SMS’e van lesers appeared first on DieHoorn.