Quantcast
Channel: Die Hoorn
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5434

Nuwe eienaar van Biltong Den wil net die beste gehalte lewer

$
0
0
Die nuwe eie­naar van Biltong Den in die Queen’s Mall op Oudtshoorn, Sidney Jonck (middel), by twee perso­neellede,  Estelle Visser (links)  en Nicolene Terblanche. Inlas foto: Ninette Behr.   Foto: Ilze-Mari Gründling

Die nuwe eie­naar van Biltong Den in die Queen’s Mall op Oudtshoorn, Sidney Jonck (middel), by twee perso­neellede, Estelle Visser (links) en Nicolene Terblanche. Inlas foto: Ninette Behr.  Foto: Ilze-Mari Gründling

HY wil net die beste diens en produkte aan biltongliefhebbers lewer, sê Sydney Jonck, nuwe eienaar van die gewilde Biltong Den by die Queen’s Mall op Oudtshoorn (oorkant Super Car Wash).
Sydney – oorspronklik van De Aar – woon al 17 jaar op Oudtshoorn.

“Ek is baie lief vir hierdie omgewing en wil graag met hierdie reeds suksesvolle onderneming net die beste aan al ons huidige en nuwe klante gee,” sê Sydney.

“Ons hier by Biltong Den doen ook moeite om goeie gehalte biltong te maak. Ons wil ook eksperimenteer om nuwe produkte bekend te stel en so die voorraad van die winkel uitbrei.”

Sydney vertel dat hy reeds op ’n vroeë ouderdom begin jag het. “Ek het alles by my pa geleer. Hy het my ook geleer hoe om biltong te maak en hoe om met vleis te werk. Ek glo net die beste is goed genoeg.”
Die winkel sal binnekort ’n nuwe voorkoms kry, maar die bekende en gewilde produkte bly dieselfde. “Ons hou steeds alles net soos dit is. Mense hoef nie bang te wees om hier in te stap nie. Ons produkte en pryse sal nie verander nie.”

Sydney is baie dankbaar teenoor almal wat raad en hulp aangebied het met die oorname van die winkel. “Ek is lief vir mense, en dit voel goed om gehelp te word. Ek probeer ook help waar ek kan. Ek is plat op die aarde en is nederig voor die Here. Ek vertrou op Hom.”

Die Biltong Den bied ook Kosmos-produkte aan asook kruie en volstruiseiers.
Die tel is 071 659 1990.

The post Nuwe eienaar van Biltong Den wil net die beste gehalte lewer appeared first on DieHoorn.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5434