Deur Ilze-Mari Gründling
INDIEN die vlak van die Raubenheimerdam – die bron van Oudtshoorn se drinkwater – onder 50% daal, gaan inwoners van die dorp meer begin betaal vir die water wat hulle gebruik. Inwoners sal dus nou moet begin water spaar aangesien die vlak van dié dam gister op 50% gestaan het.
Volgens die munisipale nuusbrief vir Augustus 2017 sal die volgende droogtetariewe geld:
• Stadium 1 – damvlak minder as 50%: 10% heffing;
• Stadium 2 – damvlak minder as 40%: 30% heffing;
• Stadium 3 – damvlak minder as 30%: 75% heffing.
The post Droogtetariewe dalk hier appeared first on DieHoorn.