Quantcast
Channel: Die Hoorn
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5434

Amptenaar skuldig aan bedrog en geldwassery

$
0
0

’N MUNISIPALE amptenaar van Oudtshoorn is ver­lede Dinsdag (25 Julie) in die Bellville

Handelsmisdaadhof skuldig bevind op vyf aanklagte van bedrog en een van geldwassery. Meer as R400 000 is betrokke by dié aanklagte.

Volgens kapt Lloyd Ramovha, woordvoerder van die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoek (die Valke), is Thandile Wilbarforce Salman (33) daarvan aangekla dat hy tussen Julie 2008 en Januarie 2010 onwettig ’n konsep- of pro forma-faktuur en kwotasies verkry het.

Hy het dan fakture / kwotasies opgestel wat hy voorgegee het uitgereik is deur wettige diens­verskaffers vir werk gedoen en het ook getekende betalings daarvoor aangevra.

Die geld is volgens Ramovha in bankreke­nings van vriende en familie inbetaal waartoe die Salman toegang verkry het

Salman is in 2012 in hegtenis geneem nadat die Valke die saak ondersoek het.

Hy word op 28 Augustus gevonnis.

The post Amptenaar skuldig aan bedrog en geldwassery appeared first on DieHoorn.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5434