
Gordon April. Foto: Schalk le Roux
‘n Voormalige burgemeester van die Groter Oudtshoorn, Gordon April, is reeds etlike weke gelede op borgtog vrygelaat terwyl gewag word op ‘n beslissing van die regterpresident van die Kaapse Hooggeregshof oor sy appèl.
Die Hoorn het gister by die Oudtshoorn Landdroshof vasgestel dat die hof op 19 Junie vanuit die Kaap ingelig is dat borgtog aan April toegestaan is.
April se aansoeke by die Oudtshoorn Streekhof om borgtog en verlof tot appèl was onsuksesvol.
April se regsverteenwoordiger van Kaapstad het einde Mei aangedui dat hulle die regterpresident van die Kaapse Hooggeregshof genader het met ‘n petisie teen die weiering van verlof tot appèl deur streeklanddros Mark van Wyngaardt.
April is op 5 April deur Van Wyngaardt tot effektiewelik vyf jaar gevangenisstraf gevonnis is nadat hy aan diefstal van sand en klip van die Oudtshoorn Munisipaliteit, die onwettige gebruik van munisipale voertuie, intimidasie en poging tot regsverydeling skuldig bevind is. (Berig deur Liesel le Roux)
The post Gordon April reeds weke gelede uit op borgtog appeared first on DieHoorn.