Quantcast
Channel: Die Hoorn
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5434

Babbelbekkies eersdaags op TV

$
0
0
Die kykNET-span en personeel van Babbelbekkies Dagsorg op Oudtshoorn by kleuters van die skool. Van links is Jean Rossouw, Rensché Bougas en Linda Langenhoven (prinsipaal). Regs voor is Claude Furniss en agter staan Charlton Goodman.   Foto: Ilze-Mari Gründling

Deur Ilze-Mari Gründling
BABBELBEKKIES Dagsorg op Oudtshoorn sal binnekort op kykNET se gewilde kleuterprogram, Kleuterzone, te sien wees!

Kleuterzone was einde Augustus op Oudts­hoorn om beeldmateriaal by Babbelbekkies Dagsorg te verfilm. Kleuterzone het in 2013 onstaan met die doel om na die lewe deur die oë van ’n kleuter te kyk en besoek kleuterskole van regoor Suid-Afrika en Namibië.

Babbelbekkies Dagsorg is in 2011 gestig deur Linda Langenhoven toe haar dogter gebore is. “Ek wou by die huis wees met my kind. Dit is hoe Babbelbekkies ontstaan het.” Vandag is daar 43 kleuters tussen 0 en 5 jaar by Babbelbekkies.

Langenhoven sê die datums van uitsending is nog nie aan haar deurgegee nie, maar dat dit binne die volgende twee maande sal wees.

The post Babbelbekkies eersdaags op TV appeared first on DieHoorn.

Viewing all articles
Browse latest Browse all 5434