Quantcast
Channel: Die Hoorn
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5434

Nuwe winkel wil Klein Karoo-produkte aan inwoners en besoekers bekend stel

$
0
0
’n Fontein in die vorm van ’n “waterharp” vorm ’n fokuspunt in die ingangsvertrek van die nuwe Klein Karoo Ostrich Emporium op Oudtshoorn.       Foto: Liesel le Roux

’n Fontein in die vorm van ’n “waterharp” vorm ’n fokuspunt in die ingangsvertrek van die nuwe Klein Karoo Ostrich Emporium op Oudtshoorn. Foto: Liesel le Roux

Deur Liesel le Roux
DAAR is ’n nuwe winkel op Outshoorn – soos almal al seker die afgelope week gesien het wat met Langenhovenweg by die ou Bokomo-gebou verbygery het.

Die Bokomo-gebou spog inderdaad met ’n nuwe voorkoms en hart – met die Klein Karoo Ostrich Emporium wat Maandag sy deure daar oopgemaak het.

Dié nuwe winkel is die inisiatief van die Klein Karoo Groep (KKG) en wil Oudtshoorn aan mense bekend stel, sê Johan Schoeman, uitvoerende hoof.

Die rakke is vol produkte wat alle smake en alle sakke sal pas: vanaf vars volstruisvleis tot ’n wye verskeidenheid volstruisleer- en vereprodukte. Besoekers kan ook sien hoe volstruisleerprodukte gemaak word en selfs tussen die werkers inbeweeg om te gaan kyk wat hulle doen. Daar is ook ’n tak van Beans about Coffee binne die winkel.

Parkeerplek is agter die gebou met die ingang in Rademeyerstraat.

The post Nuwe winkel wil Klein Karoo-produkte aan inwoners en besoekers bekend stel appeared first on DieHoorn.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5434