Deur Ilze-Mari Gründling
DIE Oudtshoorn Polisie ondersoek drie sake van dronkbestuur nadat drie persone Sondag in hegtenis geneem is.
Volgens kapt Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, is daar vanaf 1 November agt persone vir dronkbestuur in hegtenis geneem waarvan vier in botsings betrokke was.
Die eerste persoon is Sondag vir dronkbestuur in hegtenis geneem nadat ’n polisiepatrollie om 02:45 op ’n botsingstoneel op die hoek van Hoogstraat en Voortrekkerweg afgekom het. Volgens Visser is ’n 32-jarige man, wat sterk onder die invloed was, in hegtenis geneem.
Visser sê niemand is in die botsing ernstig beserings nie. Volgens hom het albei bestuurders in ’n westelike rigting in Voortrekkerweg gery toe die man wat in hegtenis geneem is, ’n U-draai vanuit die linkerbaan gemaak en voor ’n ander motor ingery het.
Om 17:00 het ’n tweede botsing op die hoek van Zebraweg en 5de Laan in Bridgton plaasgevind en is ’n 48-jarige man vir dronkbestuur in hegtenis geneem.
Volgens Visser het ’n motor hier oor die sperstreep in die pad beweeg en met ’n voertuig wat van voor gekom het, gebots.
Kort daarna, om 18:00, is die Oudtshoorn Polisie na ’n botsing in Zebraweg ontbied en het hulle op ’n bakleiery afgekom. Volgens kapt Visser is ’n 36-jarige man hier vir dronkbestuur in hegtenis geneem; hoewel daar nie ’n botsing was nie.
The post Drie Sondag vas vir dronkbestuur appeared first on DieHoorn.