Deur Liesel le Roux
TALLE besighede en inwoners in die midde-dorp van Oudtshoorn het gister nie telefoniese en/of internet-verbinding gehad nie as gevolg van ’n stelsel-opgradering deur Telkom.
Die kantore van Oudtshoorn Toerisme en die Oudtshoorn Besigheidskamer asook die Oudtshoorn Munisipaliteit is ook hierdeur geraak.
Niemand op Oudtshoorn was klaarblyklik hierop voorbereid nie en inwoners het geskarrel om uit te vind wat aan die gang was.
Ntobeko Mangqwengqwe, woordvoerder van die Oudtshoorn Munisipaliteit, het gistermiddag gesê dat hoewel hulle ingelig is dat hul verbindings af is as gevolg van opgraderingswerk aan Telkom se stelsels, weet hulle ook nie hoe lank dit gaan duur nie.
Ook Die Hoorn het gister probleme ondervind. Hoewel ons telefoonverbindings gewerk het, het ons geen internet-verbinding gehad nie.
The post Lamgelê deur Telkom-opgradering appeared first on DieHoorn.