Quantcast
Channel: Die Hoorn
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5434

22-jarige man kry opgeskorte vonnis vir handel in dagga

$
0
0

Deur Ilze-Mari Gründling
’N 22-JARIGE man van Mitchell’s Plein is op Valentynsdag in die Ladismith Landdroshof skuldig bevind op aanklag van handeldryf in dagga.

Maxwell Arries is omstreeks 11:00 op 6 Februarie op die R62 tussen Ladismith en Barrydale in hegtenis geneem toe die Polisie ’n taxi op pad van van Oudtshoorn na Kaapstad deurgesoek het.

Volgens ao Jan Cederas, woordvoerder van die Ladismith Polisie, is 26 pakke dagga in ’n swart rugsak van die verdagte gevind asook los dagga en 112 pakkies dagga in ’n pienk sak wat ook aan die man behoort. Dit het altesame 14,4 kg geweeg.

Volgens Cederas is Arries gevonnis tot 20 maande gevangenisstraf, opgeskort vir 5 jaar op voorwaarde dat hy nie skuldig bevind word aan enige verdere misdrywe nie, asook ’n verdere boete van R10000 of ’n verdere 12 maande gevangenisstraf. “Hy is ook onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit.”

Die voorsitter van Ladismith Gemeenskaps-polisiëringsforum, Dawid Bothman, het die vonnis verwelkom en die gemeenskap aangemoedig om dwelmoortredings te rapporteer.

The post 22-jarige man kry opgeskorte vonnis vir handel in dagga appeared first on DieHoorn.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5434