HY het besluit om sy vrou se liggaam terug te bring Oudtshoorn toe sodat hy vir haar ’n waardige begrafnis kan gee, sê André van Greunen, bekende sakeman van Oudtshoorn.
Lulu van Greunen (63) is op Dinsdag, 6 Maart, oorlede kort nadat sy en André vir ’n vakansie in Thailand aangekom het.
’n Roudiens vir Lulu word Saterdagoggend (24 Maart) om 11:00 in die NG Kerk Welgeluk gehou.
Volgens André het Lulu se liggaam eergisteraand (Dinsdagaand) vanaf Thailand op die Kaapstadse Internasionale Lughawe aangekom van waar dit na Oudtshoorn gebring is.
“Ons is dankbaar dat ons haar so gou hier kon kry, want daar was geweldig baie administrasie en rompslomp wat eers afgehandel moes word.
Volgens Van Greunen is hy oorweldig deur die blyke van meegevoel en ondersteuning wat hy sedert sy vrou se dood van familie, vriende en Oudtshoorn se mense gekry het.
The post Roudiens vir Lulu is Saterdag appeared first on DieHoorn.