
Die ôl-Star Live Band Saterdag met hul laaste oefening voor vanjaar se KKNK. Voor van links is die groep se drie sangers, Vinzelle Damons, Rubber Johnny en Percy de Villiers, en agter van links Franklin Peterson (kitaar), Colin Bennie (musiekdirekteur), Margo Saptouw (bestuurder), Granthom Booysen (tromspeler), DJ Buks (klank-ingenieur), Francois Freeks (klawerbord) en Jermaine Moses (baskitaar). Jerome Lukas (saksofoon) was afwesig met die foto. Foto: Schalk le Roux

Elmine Bester, afrigter van die Ad Astra-koor van die Hoërskool Oudtshoorn, in aksie! Dié koor tree Sondagaand op in die opelug-produksie Boontoe – Engelstemme op die Huisgenoot-verhoog saam met van die land se voorste kunstenaars. Foto: Hans van der Veen

Poem Mooney, storieverteller en digter, by ’n besonderse sonwyser wat Woensdag voor die Burgersentrum opgerig is en waarop versreëls uit ’n gedig van hom verskyn. Foto: Schalk le Roux
The post Oudtshoorniete by die KKNK appeared first on DieHoorn.