Quantcast
Channel: Die Hoorn
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5444

Naamsverandering

$
0
0
Deur Liesel le Roux

Deur Liesel le Roux

Dit gons al sedert einde Januarie af op Oudtshoorn oor die munisipaliteit se beoogde hernoeming van Voor­trek­­­­kerweg na Nelson Mandela Bou­levard.

Inwoners kan sedert verlede week kommentaar aan die munisipaliteit oor die voorneme stuur nadat ’n open­bare deelnameproses afgeskop het.

Uit die reaksie van inwoners in briewe en telefoonoproepe na Die Hoorn wil dit voorkom of die muni­sipaliteit groot reaksie gaan ontvang.

Die interessante aspek van die reak­sie die afgelope weke en maande – en ook die afgelope week sedert die openbare deelnameproses op die dorp afgeskop het – is dat inwoners klaarblyklik deur die bank negatief is oor die voorgestelde naamsverandering.

Die redes hiervoor is egter talryk en uiteenlopend, soos van die lesersbriewe wat vandees­week in Die Hoorn verskyn, ook aandui.

Dit is na ons mening ’n goeie ding as inwo­ners betrokke raak en hul mening gee tydens ’n openbare deelnameproses. Dit toon dat inwoners omgee en mede-verantwoordelikheid vir hulle dorp aanvaar.

Hopelik is hierdie betrokkenheid ook die voorloper van meer inwoners wat vergaderings oor dorpsaange­leenthede gaan begin bywoon – soos buurtwagvergaderings, vergaderings wat die polisie met die gemeenskap reël asook munisipale vergaderings.

• Geskrewe kommentaar oor die beoogde naamsverandering moet ge­stuur word na hd@oudtmun.gov.za of afge­lewer word by die kantoor van mnr HD Visagie in die munisipale gebou in Voortrekkerweg. Mense wat nie kan skryf nie, kan die muni­sipaliteit nader vir hulp met hul kommentaar. Die sluitingsdatum vir kom­- ­mentaar is 18 Mei.

The post Naamsverandering appeared first on DieHoorn.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5444