Quantcast
Channel: Die Hoorn
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5434

5de verdagte vas en vandag in hof

$
0
0

Glo ’n maand lank in ’n liefdesverhouding met Magdaleen Titus

Regs: Masimthembe January (23), wat volgens sy Facebook-profiel in die bediening staan. Foto: Facebook

Masimthembe January (23), wat volgens sy Facebook-profiel in die bediening staan. Foto: Facebook

Deur Garnett Wicomb
DIE vyfde verdagte in die moordsaak van die soldaat, Preston Titus (49), verskyn môre (Vrydag 20 April) in die Oudtshoorn Landdroshof in verband met ’n borgaansoek.

Masimthembe January (23) van Port Elizabeth, ook bekend as MJ, is verlede Woensdag (11 April) in Port Elizabeth deur die polisie in hegtenis geneem en het die volgende oggend sonder ‘n regsverteenwoordiger in die hof op Oudtshoorn verskyn. Hy staan net soos Titus se vrou, Magdaleen, Natashia Stuurman en Justice Mooi tereg op ‘n klagte van moord.

January het na bewering die beweerde twee huurmoordenaars, Justice Mooi en Vusumsi, wat nog soek is, aan Magdaleen Titus voorgestel. Hy was ook glo vir ’n maand in ‘n liefdesverhouding met Magdaleen Titus.

Hy het intussen regshulp bekom en word in die George Gevangenis aangehou word omdat hy glo vir sy lewe vrees.

Magdaleen Titus se motorbestuurder, Sixabiso Klip, het vroeër vanjaar ‘n pleitooreenkoms met die staat aangegaan en is reeds tot 15 jaar tronkstraf gevonnis terwyl borgtog aan haar en Mooi geweier is.

• Twee van die ander verdagtes in die saak, Magdaleen Titus en Justice Mooi, se borgaansoeke is reeds geweier, terwyl Nathasia Stuurman op borgtog van R15 000 vrygelaat is.

The post 5de verdagte vas en vandag in hof appeared first on DieHoorn.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5434