Quantcast
Channel: Die Hoorn
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5434

Meswonde – pynlike, dodelike moordenaar

$
0
0

Algemene praktisyn verduidelik 

Deur Angelique Erasmus
MET soveel mense in die Klein Karoo wat aan meswonde sterf en die opspraak wat die moord op Preston Titus in sy huis op die weermagterrein gewek het, het Die Hoorn met ’n algemene pratisyn van Oudtshoorn, dr Wessel Vermeulen, gepraat oor meswonde.

Die Hoorn het ook navrae van lesers hieroor ontvang.

Titus is op 1 Desember 2017 in sy slaapkamer vermoor en onder meer 27 meswonde toegedien.
Vyf mense, onder wie sy vrou, Magdaleen Titus, is reeds in hegtenis geneem in verband met sy moord, terwyl ’n sesde verdagte nog gesoek word.

Van die verdagtes verskyn weer op 16 Mei en op 4 Junie in die hof op Oudtshoorn.

Vermeulen sê daar is verskeie faktore wat bepaal of ’n meswond dodelik is:

• Watter soort mes gebruik word. Hoe stomper en growwer die mes is, hoe meer pyn sal die slagoffer ook ervaar; en hoe skerper en smaller die mes is, hoe minder pyn sal die slagoffer voel.
• Hoe diep die wond is
• In watter deel van die liggaam die wond is.

Vermeulen sê die menslike liggaam bevat ongeveer agt liter bloed, As ’n mens drie liter bloed verloor, sal jy jou bewussyn begin verloor en in ’n toe­stand van skok ingaan.

’n Meswond in die long kan lei tot versmoring as gevolg van lug en vog wat in die longe invloei.

Dieselfde gebeur met die buik, waar dit erge pyn vir die slagoffer kan veroorsaak.

’n Persoon in ’n toestand van skok ingaan, kan vinniger sterf.

Volgens Vermeulen bepaal angs en adrenalien hoe vinnig jy in ’n toe­stand van skok ingaan.

Tydens skok word bloed na die belangrike organe van jou liggaam herlei om dit te beskerm. Hierdie organe is die brein, hart, niere en longe.

Eerste sal die niere afsluit, tweedens jou longe, hart en heel laaste jou brein.

The post Meswonde – pynlike, dodelike moordenaar appeared first on DieHoorn.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5434