Quantcast
Channel: Die Hoorn
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5444

Kannaland weer beslaglegging af

$
0
0

DIE Kannaland Munisipaliteit kon Dinsdag daarin slaag om die moontlike beslaglegging van voertuie van die munisipaliteit deur die balju af te weer nadat R1,4 miljoen aan ’n Amerikaanse toeris betaal is.

Die hofstryd tussen die toeris, Molly-Ann Smith, en die munisipaliteit spruit uit ’n voorval in 2006 toe sy na bewering haar enkel op ’n sypaadjie in Calitzdorp verstuit het.

Sy het ná die voorval die munisipaliteit vir pyn en lyding gedagvaar. Hoewel die munisipaliteit die eis teengestaan het, het die hooggeregshof ten gunste van Smith beslis. Die munisipaliteit het die saak met koste verloor.

Volgens Reynold Stevens, munisipale bestuurder van Kannaland, het Smith een aand in ’n stormwatervoor voor ’n restaurant in Calitzdorp gestruikel.

Sy het ’n eis teen die Kannaland-raad ingedien.

Hy sê die raad het ná die Hooggeregshofbeslissing besluit om te appelleer, maar “die vorige munisipale bestuurder het versuim om regsver­- teenwoordiging aan te stel.” Die munisipaliteit het wel gepoog om skadebeheer toe te pas, maar het die feit dat onderhandelinge oor twee kontinente moes plaasvind, die saak bemoeilik.

Die eiser wou nie afbetaling aanvaar nie en die munisipaliteit moes die takseringsproses aan die een kant en die destydse herstelplan aan die ander kant teen mekaar opweeg, terwyl daar ook krediteure was wat betaal moes word.

’n Aanvanklike bedrag van R100 000 is egter aan haar betaal.

Smith het gister in ’n verklaring op die munisipaliteit se Facebook-bladsy geskryf dat die munisipaliteit intussen inligting bekom het dat ’n ander party as die munisipaliteit aanvanklik gedagvaar moes gewees het, en dat beplan word om ’n hersieningsaansoek by die Hooggeregshof in te dien om al die koste terug te eis. (Deur Deon Meyer)

The post Kannaland weer beslaglegging af appeared first on Die Hoorn.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5444