DIE Groter Oudtshoorn Munisipaliteit het ’n beroep op Oudtshoorniete gedoen om voort te gaan om water te spaar nadat die Raubenheimerdam se vlak die afgelope week tot 63,9% geklim het.
Goeie reën het die laaste tyd in die dam se opvangsgebied met sneeu op die berge wat ook ’n bydrae gelewer het, Die Raubenheimerdam is Oudtshoorn se drinkwaterdam en was ’n paar weke gelede nog sowat 50% vol.
Inwoners wat egter dink die afgelope jare se kwaai droogte is nou verby en water weer volop, sal waarskynlik nog veel langer moet wag tot daardie dag aanbreek. Die dorp se lang warm somer lê nog voor en reën se vooruitsigte is steeds onseker.
Die munisipaliteit het bevestig dat gewone watertariewe tans op Oudtshoorn geld. Droogtetariewe word slegs gehef wanneer die vlak van die Raubenheimerdam onder 50% daal. (Deur Liesel le Roux)
The post Spaar asb steeds water! appeared first on Die Hoorn.