Quantcast
Channel: Die Hoorn
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5444

Twee geboue vinnig weer oop

$
0
0

DIE munisipale gebou in Voor­trekkerweg en die Landdroshof op Oudtshoorn is verlede week kortstondig gesluit na besoeke van inspekteurs van die Wes-Kaapse Departement van Arbeid.

Die landdroshof en munisipale gebou is onderskeidelik verlede Woensdag en Donderdag versoek om hul deure tydelik te sluit om aandag te skenk aan sekere wetgewing rondom veiligheid en regulasies rondom Covid-19 waaraan nie voldoen is nie.

Die munisipale verkeersdepartement wat Woensdag besoek is, het egter aan die alle nodige regulasies voldoen en kon voortgaan met bedrywighede.
Die munisipale hoofgebou en die landdroshof was beide Maan­dag weer oop nadat daar vinnig aandag geskenk is aan besware van die die inspekteurs.

Volgens ’n persverklaring van die munisipaliteit Maandag het hulle voorlopige goedkeuring ge­kry om die gebou te open sodat werknemers weer die dag kon werk. Die versoek was aanvanklik dat die gebou voorlopig vir sewe dae moes sluit. Die munisipale bestuurder, Gerald de Jager, het werknemers bedank wat ingespring het om te verseker dat die gebou voldoen aan al die vereistes wat uitgewys is. ’n Amptelike voldoeningsertifikaat sal volgende Maandag uitgereik word wanneer die inspekteur terugkeer.

Hoewel die munisipaliteit ’n gereedheidsplan vir die terugkeer van werknemers asook Covid-19-beroepsgesondheid- en veiligheidsprosedures opge­stel het, is leemtes gevind by die toegangsbeheer en veiligheidsmaatreëls.

“Ons verwelkom die besoek en aanbevelings van die Departement van Arbeid,” sê die waar­nemende munisipale bestuurder, Gerald de Jager. “Dit kan net bydra tot ’n veiliger werk­omge­wing. Ons sal hierdie geleent­heid ten volle benut om te ver­seker dat die veiligheid in al ons geboue verbeter word.”

David Esau, provinsiale hoof­inspekteur, sê die arbeidsinspekteurs het die landdroshof besoek nadat inlig­ting ontvang is dat die gebou nie aan wetgewing voldoen nie. Die inspekteurs het gevind dat aan­dag geskenk moes word aan van die veiligheids- en Covid-19-vereistes. Van die oor­- ­tre­dings hou verband met regulasies ten opsigte van ’n bio­me­triese stelsel, siftingspro­­sesse en afstandhou­ding.

Die Departement van Arbeid het in ’n pers­verklaring aangedui dat arbeidsinspekteurs ook howe in Beaufort-Wes, Calitzdorp, Ladismith en Prins Albert sal inspekteer, asook ander plaaslike werkplekke om die nakoming van veiligheidswetgewing en Covid-19-regulasies te moniteer en op te tree waar nodig. (Deur Liesel le Roux)

The post Twee geboue vinnig weer oop appeared first on Die Hoorn.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5444