DIE Oudtshoorn Polisie is op soek na ’n 21-jarige man van Bongolethu in Oudtshoorn wat verdwyn het nadat die huis waarin hy met sy familie gewoon het, in Augustus deur sy ma afgebrand is.
Luidens ’n polisieverklaring weet niemand waar Jean Mcbean (21) is nie. Die polisie soek na hom om ’n verklaring af te lê oor wat gebeur het toe die huis op 24 Augustus in Black Joint in Bongolethu afgebrand het.
Mcbean se ma het ’n verklaring afgelê dat sy die huis aan die brand gesteek het terwyl Mcbean in die huis was omdat sy nie meer met sy gedrag as gevolg van dwelmgebruik kon uithou nie.
Die polisie ondersoek ’n saak van brandstigting en poging tot moord.
Enigiemand wat die polisie kan help met inligting oor Mcbean word versoek om die ondersoekbeampte, ao Michael de Kock te kontak by tel 044 203 7518 of sel 081 253 3554.
The post Polisie op soek na man na sy ma huis afbrand appeared first on Die Hoorn.