OUDTSHOORN is die week in rou gedompel nadat nog ’n geneesheer die stryd teen Covid-19 verloor het.
Dr Peter (Pietie) Cronjé (49), wat ’n praktyk op die hoek van Hoogstraat en Voortrekkerweg gehad het en ook in ’n praktyk saam met wyle dr Nolan Dreyer gewerk het, is Maandag in die hoësorgeenheid van die Mediclinic Klein Karoo oorlede.
Dr Dreyer is in September verlede jaar oorlede nadat hy ook Covid-19 opgedoen het.
Dinsdag het die landsvlag buite die Mediclinic halfmas gehang ter herinnering aan Cronjé.
Huldeblyke vir dr Conje en simpatiebetuigings vir sy vrou Heidi, sy ma Amelia, en sy suster Rina en ander familielede het die week op Die Hoorn se Facebook-bladsy ingestroom.
Dié geliefde en saggeaarde dokter het in Calitzdorp grootgeword en is ’n oud-leerder van Excelsior VGK Primêr. Hy het deur harde werk en vasberadenheid homself as geneesheer bekwaam en was bekend vir die menslike en toegewyde wyse waarop hy sy pasiënte behandel het.
Dr Wessel Vermeulen, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging (SAMA) waarvan dr Cronje lid was, het namens SAMA hul meegevoel met die dood van dr Cronje betuig.
“Ons innigste meegevoel en simpatie met die afsterwe van ’n hardwerkende, liefdevolle kollega met die mooiste geaardheid. Hy was ’n ‘soft-spoken gentleman’ wat nooit ooit gekla het nie en ’n besonderse goeie verhouding met al sy kollegas en verpleegkundiges gehad het – ’n Ware geneesheer en voorbeeld vir ons almal! Hy was sy roeping waardig en het waarde tot die lewens van duisende mense gevoeg, veral diegene wat swaarkry en dit die meeste nodig gehad het. Ons salueer jou, kollega Pietie, en gaan jou beslis baie mis.”
Nog van die huldeblyke op Die Hoorn se Facebook-blad lees soos volg:
• Tattie Jordan: Wat ’n verlies! Sterkte aan Aunty Amelia, sy vrou, sy suster Rina en die res van die familie. Mag God julle dra en baie naby wees in hierdie tyd van oneindige seer. Calitzdorp en Oudtshoorn is een spesiale mens armer en treur saam met julle!
• Nonkululeko Sylvia Tyatya Jnr: To his wife and family, thank you for lending us your husband, son, friend. My family has lost yet another house doctor. We are broken, yet we are grateful for the life of Dr Cronje. A well mannered, soft-spoken man…
• Adele Wright: So hartseer. Hy was ’n goeie mens en dokter. Het altyd soveel tyd vir sy pasiënte gehad. Was nooit gejaagd nie en kon so lekker gesels. Oudtshoorn het vandag ’n goeie dokter verloor.
• Sunelle van der Berg: Dis hartseer. Baie sterkte aan die familie. Dokter – altyd stil en stemmig. ’n Ware gentleman. Die hemel raak voorwaar ryker. Rus sag.
• Thembinkosi Ndayeni Mjiwu: Thank you, Doc, for all your service to the larger community of Oudtshoorn. You did your work with deligence and you made it a point that service is rendered to everyone that was in need.
Rest, Doctor, we acknowledge your deeds and in the years of meeting you, I was never informed or heard that you have embarrassed your calling or the medical profession itself. Rest in eternal peace and rise in glory. To the family, patients and the larger community of Oudtshoorn, please be comforted and in the mist of everything trust God.
• Lucy Slinger: What a big blow, he said to me at his practice in town when I told him how traumatised I am for loosing my Dr Dreyer. It is again a big blow for Oudtshoorn people… (Deur Liesel le Roux)
The post Covid-19 eis toegewyde dokter appeared first on Die Hoorn.