DIE waaksaamheid van ’n veilig- heidsmaatskappy en die vinnige optrede van die Oudtshoorn Polisie het Sondag daartoe gelei dat ’n man met ’n driefase-kragkabel in sy hand vasgetrek is.
Volgens kapt Louis Visser, polisiewoordvoerder, het die man Sondag tussen 13:45 en 14:12 toegang tot die perseel van Mitchell Motors verkry deur ’n pallisadeheining oop te buig.
Die diefstal is op veiligheidskameras vasgevang wat onder Oudts-hoorn Crime Watch op Facebook te sien is.
“Die polisie is deur die sekuriteitsmaatskappy ingelig en die verdagte is met die kabel in sy besit deur die SAPD in hegtenis geneem,” sê Visser.
Die gesteelde kabel was sowat 20 meter lank.
Peter Lee Moos het intussen Maandag in verband met die voorval in die Oudtshoorn Landdroshof verskyn.
Hy is tans in aanhouding in die gevangenis.
Volgens kapt Visser ondersoek die polisie ’n saak van diefstal. (Deur Liesel le Roux)
The post Kabeldief vas danksy kamera se oog appeared first on Die Hoorn.