Quantcast
Channel: Die Hoorn
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5434

Polisie lê beslag op 330 liter drank

$
0
0

DIE Oudtshoorn Polisie het die afgelope naweek by twee geleenthede mense in hegtenis geneem vir die onwettige handel in drank.

Volgens die stasiebevelvoerder van Oudtshoorn, brig Susan Crafford, was die inhegtenisnames in Bongolethu en in Rosebank en is op sowat 330 liter drank by twee persele beslag gelê.

Twee mense is in verband met die klagtes in hegtenis geneem.

Volgens Crafford het die polisie vanjaar reeds op 10 persele toege­slaan waar daar onwettig met drank handel gedryf is.

“Die polisie fokus spesifiek op gebiede waar daar ’n aanduiding is dat die verkoop van drank en drankmisbruik tot misdaad in daardie omge­wing lei.”

Crafford het beklemtoon dat onwettige drankverkope en enige oor­tredings van die drankwet nie geduld sal word nie.

“Ongelukkig is baie van ons kontakmisdade drankverwant en laat dit ons geen ander keuse as om op te tree teen oortreders nie.” (Deur Liesel le Roux)

The post Polisie lê beslag op 330 liter drank appeared first on Die Hoorn.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5434