
Inwoners van Oudtshoorn kan op Vrydag en Saterdag (28 Februarie en 1 Maart) hul steun wys vir Kansa en hul hare by Checkers laat kleur of skeer tydens die jaarlikse Kansa Shavaton. Hier in vrolike bui die week is Dale Whitehead van Kansa (regs) en personeel van Checkers, van links Louwrens Störm, Mario McCarthy (bestuurder) en Patrick Szucs. Dit kos R50 vir volwassenes en R25 vir kinders jonger as 12 jaar om jou hare te laat skeer of kleur. Mense kan ook poniesterte vir Kansa skenk waarvan pruike gemaak kan word vir kankerpasiënte. As jy ’n poniestert wil skenk, moet die hare ten minste 22 cm lank wees en skoon en droog wees.