MOSIES van wantroue in die DA-burgemeester en DA-speaker van die Groter Oudtshoorn, Chris Macpherson en Julia le Roux, is op die agenda van ’n raadsvergadering wat volgende Maandag (7 Junie) op Oudtshoorn plaasvind. Geen verdere inligting verskyn in die agenda oor die mosies nie.
Die hoofsweep van die ANC in die Groter Oudtshoorn se munisipale raad, Jongilizwe Tyatya, het vandeesweek bevestig dat die mosies deur die ANC ingedien is.
Die ANC is die amptelike opposisie in die raad en het die DA verlede week kwaai in ’n persver-klaring gekritiseer (berig: https://www.diehoorn.com/nuus/municipality-negotiates-establishment-of-government-precinct-for-klein-karoo/ ).
Indien die mosies Maandag suksesvol is, kan die hele beheerstruktuur van die raad op Oudtshoorn verander.
Die dorp word tans deur die DA en die twee ander partye in die raad, Sarco en Icosa, beheer. (Deur Liesel le Roux)
The post Mosies van wantroue teen burgemeester en speaker appeared first on Die Hoorn.