Quantcast
Channel: Die Hoorn
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5434

Provinsie betaal jaarliks R7,5 miljoen vir biblioteke

$
0
0

DIE Wes-Kaapse Departement van Kultuursake en Sport betaal jaarliks R7,5 miljoen aan die Groter Oudts­hoorn Munisipaliteit oor om die koste te dek van 25 biblioteekperso­neellede se salarisse.

Die Hoorn het ’n navraag aan Stacy McLean, woordvoerder van die Wes-Kaapse minister van kul­tuur­sake en sport, Anroux Marais, gerig na gerugte op sosiale media dat van die biblioteke in die munisipale gebied as gevolg van befondsingprobleme hul deure kan sluit. Die Bridgton Biblioteek se naam is onder meer genoem.

Volgens McLean het die departement ook geen amptelike inligting ontvang van enige planne dat van die biblioteke gaan sluit nie.

Die munisipaliteit se woordvoer­der, Ntobeko Mangqwengqwe het ook verlede week gesê dat ’n munisipaliteit in elk geval nie ’n biblioteek kan sluit nie omdat biblioteke onder die Wes-Kaapse provinsiale regering val.

“Die sluiting van ’n biblioteek is groot nuus. Die munisipaliteit sou sulke nuus beslis pro-aktief met die gemeenskap gedeel het,” het hy bygevoeg.

• Die Oudtshoorn Gemeenskaps-inisiatief (OGI) het onlangs ’n Facebook-inkrywing geplaas dat die slui­ting van die Bridgton Biblioteek oorweeg word en dat daar nie fondse beskikbaar is om vir ’n waarnemende bestuurder by die biblioteek te betaal nie. Luidens die inskrywing is personeel van die Bridgton Biblioteek deur die waarnemende direkteur gemeenskapsdienste ingelig dat hulle elders geplaas sal word wanneer die biblioteek sluit. (Deur Deon Meyer)

The post Provinsie betaal jaarliks R7,5 miljoen vir biblioteke appeared first on Die Hoorn.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5434