’N MA van vyf kinders wat skuldig bevind is aan strafbare manslag nadat sy haar lewensmaat en die pa van die kinders doodgesteek het, is verlede Woensdag (15 September) in die Oudtshoorn Streekhof ’n opgeskorte vonnis opgelê en drie jaar onder huisarres geplaas.
Mina Stuurman (40) van Bongolethu het onskuldig gepleit op ’n klagte van moord. Sy het getuig dat sy gereeld deur die oorledene aangerand is en die betrokke dag uit selfverdediging ’n mes gegryp en hom daarmee gesteek het. Sy het nie bedoel om hom dood te steek nie, het sy getuig.
Sy het verskoning gevra vir wat sy gedoen het en die familie van die oorledene het haar vergewe.
Streeklanddros Sylvia Mandla het in ag geneem dat sy in noodweer opgetree het en werklike berou toon. Sy het Stuurman is tot vyf jaar gevangenisstraf gevonnis wat in geheel voorwaardelik vir vyf jaar opgeskort is, asook en drie jaar korrektiewe toesig, behalwe vir werk- en kerkdoeleindes. (Deur Garnett Wicomb)
The post Ma van 5 onder huisarres appeared first on Die Hoorn.