Quantcast
Channel: Die Hoorn
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5444

Mnr, Mej Nasorgsentrum gekroon

$
0
0

DIE Polisiehoogte Nasorgsentrum het in September sy tweede modelaand gehou en van die kinders ook vir ’n kustoer en kamp na Harkerville en Plettenbergbaai geneem.

Volgens Phillip Seroux, wat die nasorgsentrum saam met sy vrou, Susanna bedryf, was die modelaand en kroning van Mnr en Mej Nasorgsentrum baie geslaagd. Byron Claassen is vir die tweede jaar ná mekaar as Mnr Nasorgsentrum 2021 aangewys terwyl Enastacia Swartz as Mej Nasorgsentrum 2021 gekroon is.

“Dit is net nog ’n geleentheid om die kinders weg van misdaad en van die strate te hou,” sê Seroux.

Die uitstappie na Plettenbergbaai was volgens Seroux nie net baie lek-ker vir die kinders nie, maar ook baie leersaam.

“Die besoek aan ’n reptiel- en ­leeu-park was die hoogtepunt.”

Seroux het die ouers van die Nasorgsentrum bedank wat gehelp het met die insameling van fondse vir die toer, asook teenoor almal wat die sentrum sedert sy stigting verlede jaar ondersteun en vir hulle bid. (Deur Garnett Wicomb)

The post Mnr, Mej Nasorgsentrum gekroon appeared first on Die Hoorn.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5444