Quantcast
Channel: Die Hoorn
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5434

DA-koukus skors Peter Roberts

$
0
0

Deur Liesel le Roux

DIE Groter Oudtshoorn se DA-koukus het een van die dorp se DA-raadslede, Peter Roberts, voorlopig geskors.

Hulle het ’n aanbeveling na die provinsiale leierskap van die DA gemaak dat Roberts se skorsing deur hulle bekragtig moet word.

Roberts het in die onlangse verlede by twee geleenthede die wenkbroue laat lig toe hy direk teen DA-koukusbesluite gehandel het en raadsvergaderings bygewoon het. Hy het daardeur gesorg vir ’n kworum in die raadsaal sodat die ANC/Icosa/NPP-koalisie verskeie raadsbesluite kon neem.

Met sy bywoning van ’n vergadering op 6 Februarie is die begroting vir 2013/2014 goedgekeur. Hy is na die vergadering amptelik deur die burgemeester, Gordon April, bedank vir sy bywoning van die vergadering, terwyl die speaker, John Stoffels, hom ’n handdruk in die raadsaal gaan gee het.

Roberts is hierna ook tydelik deur sy koukus geskors, maar die skorsing is later opgehef.

Roberts het egter daarna weer ’n raadsvergadering teen die wense van sy koukus op 28 Februarie bygewoon, waar besluit is om raadslede se salarisse met 5%, terugwerkend vanaf 1 Julie 2013, goed te keur.

Indien Roberts se skorsing gehandhaaf word, sal die inwoners van Wyk 4 wat hy verteenwoordig, vir ’n tussenverkiesing na die stembus moet gaan.

 


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5434