Parking without a disability sticker…
I am certain that I am the only person in Oudtshoorn who has been let into the secret cure that all wheelchair users, those with mobility issues and the el-derly have been waiting for.
The cure that will rejuvenate all of one’s ailments! Read on and I will let you have the cure as well!
My wife is a wheelchair user. We have a “wheelchair” parking sticker on our car windscreen. I recently found that of the few places for those with mobility issues at a shopping complex, no less than four were occupied by cars bearing no blue exemption sticker.
As the owner of one such vehicle approached his car, unlocking the door I approached him. I pointed out, in a pleasant way, that the parking he was using was reserved for those with mobility issues and who were displaying a blue sticker. He told me that his wife was a cripple and was slowly walking to the car. He further said he had applied for a blue sticker. I sympathised with him, apologised for interrupting his day and made ready to push my wife into the shopping complex.
At that moment around the corner comes a cheerful active middle aged lady. She informs her husband that she had been held up looking at some items of clothing. I asked if she had found the elexir of life in the supermarket. Both were unimpressed and I was told to be a more cheerful person and to stop being a winger!
So, the cure to our ailments are to be found at some place, as yet undisclosed, in the shopping complex. I suspect a clothing store is the location.
A pity that we have a society that is fixated upon their needs and who do not consider the needs of those with mobi-lity issues. Hopefully the centre management will police the wheelchair parking as well as comply with bylaws that lay out the number of wheelchair parking spaces to be provided per square metre of shopping area.
There is room for more as we have a large retired population. I would hope that the centre owners take the bylaws into account.
– William Gould, Oudtshoorn
Kom ons hou op verdag maak
Daar is niks wat bygevoeg kan word oor wat Facebook-groepe en individue te sê het oor die toestand van Oudtshoorn nie – vullis orals in Bridgton, gate in die strate, onwettige opslaanstrukture, strate en spoedwalle wat nie geverf is nie, die afwesigheid van verkeersmanne in die dorp, onwettige parkering op gestremde parkering, taxi’s wat maak net wat hulle wil, en algemene wetteloosheid.
Ons verstaan dat die raad nuut is en nog nie behoorlik na die toestand van die dorp kon omsien nie
Wat die situasie egter verder versleg, is groepe en individue wat nou sommer self die amptenare se werk doen en klaarblyklik beter weet as die raadslede en amptenare. Wanneer jy bewus word wie tot die bepaalde Facebook-groepe behoort, sien jy duidelik hul verskuilde agendas.
Die wykskomitees sal eersdaags funksioneer en behoort die struktuur te wees waar klagtes aangemeld word. Dit is ’n struktuur volgens wetgewing en verteenwoordigend van die hele gemeenskap.
Dit sal van raadslede verwag word om nou op te hou om hul tyd en energie te mors oor wie deel is van ’n koalisie, nepotisme met aanstellings en tenderinmenging. Die politieke partye in die opposisie en ’n organisasie soos AfriForum sal waarskynlik in elk geval alles laat ondersoek en klagtes by die Openbare Beskermer indien.
Terwyl raadslede hul besig hou met hul politieke stryd, word van die amptenare verwag om in hierdie politieke atmosfeer met vele frustrasies hul werk te doen. Daarom is dit nie vreemd dat ons van ons beste amptenare aan ander munisipaliteite afstaan nie.
Kom ons maak nie meer raadslede en amptenare verdag deur dit wat ons verkondig nie. Kom ons vergewis ons van die korrektheid van feite en ondersteun die raad en amptenare, en wie weet, miskien kan ons hierdie jaar die dorp van die jaar wees.
– Lojale politikus, Oudtshoorn
Onverklaarbaar…
Die Prediker se versugting was dat daar drie dinge is wat hy nie kan verklaar nie: Hoe ’n skip op die water vaar; hoe ’n slang teen ’n rots kan uitseil; hoe die liefde tussen ’n man en ’n meisie werk.
Hierdie laaste een besorg vir ons planeet, veral ons land, oneindig baie probleme. Ek gaan aan die hand van ’n voorbeeld ’n praktiese vergelyking probeer gee.
Daar was ’n tyd toe mens ’n toestel gekry het wat jy in jou voertuig kon installeer om jou te waarsku wanneer jy die spoedgrens oorskry.
Veronderstel die owerheid verskaf aan elke voertuigeienaar so ’n toestel gratis. Indien jy die waarskuwing van die toestel ignoreer, die spoedgrens oorskry en ’n boetekaartjie uitgereik word met die vergunning dat dieselfde owerheid nie verwag dat jy die boete sal betaal nie, maar dat hulle jou gaan vergoed omdat jy die spoedgrens oorskry het. What a bargain!
Is dit nie presies wat tans gebeur nie?
Die staat stel oral gratis kondome beskikbaar. Vergelyk dit met die toestel wat jou moet waarsku wanneer jy die spoedgrens oorskry.
Wanneer die die meisie/skoolkind swanger raak, bied die owerheid aan om ’n kindertoelaag te betaal. Met ander woorde, die boete wat eintlik ’n straf behoort te wees, word nou ’n vergoeding. Onverklaarbaar absurd. Kan iemand dit vir my probeer verduidelik asseblief. Dan kla ons oor werkloosheid!
Wanneer gaan die regering se oë oopgaan, of het hulle nie oë of verstand nie? Waarheen is ons op pad?
– Pieter, Oudtshoorn
The post Briewe van lesers appeared first on Die Hoorn.