Quantcast
Channel: Die Hoorn
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5444

Oud-struisie en gesin vlug uit Oekraïne

$
0
0

DIE Suid-Afrikaanse ambassadeur in die Oekraïne wat die afgelope week daagliks in die nuus is op Suid-Afrikaanse radiostasies, TV-nuusdienste en in koerante, André Groenewald, is ’n oud-Struisie wat in 1985 aan die Hoërskool Oudtshoorn gematrikuleer het.

Groenewald en sy gesin het gister saam met ander diplomate uit die hoofstad van die Oekraïne, Kiëf, gevlug nadat die stad onder hewige aanvalle van die Russiewe weermag deurgeloop het.

Groenewald is ook die Suid-Afrikaanse ambassadeur vir Armenië, Georgië en Moldawië.

Hy het sedert aanvalle op die Oekraïne begin het, talle Suid-Afrikaners bygestaan wat uit die land wou vlug. Onder hulle was talle studente, onder meer mediese studente, wat aan universiteite in die Oekraïne gestudeer het.

Groenewald het onlangs in ’n onderhoud uit ’n ondergrondse bomskuiling in Kiëf met die Cape Talk-joernalis Lester Kiewit gesels oor die voorkoms van rassisme teenoor veral swart Suid-Afrikaanse studente wat na veiligheid probeer vlug het.

In ’n onderhoud met Eyewitness News (EWN) wat Dinsdag (1 Maart) op hul webblad verskyn het, het Groenewald gesê: “Ons is hier, ons het ’n verpligting en ’n verantwoordelikheid wat ons baie ernstig opneem. Ons glo dat ons hierdie geleent­heid gebruik om seker te maak dat daar op ons gereken kan word, want dit is in dié moeilike tye dat jy geoordeel word. En ek is oortuig daarvan dat ons anderkant gaan uitkom, en ons gaan sterker wees.”

The post Oud-struisie en gesin vlug uit Oekraïne appeared first on Die Hoorn.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5444