Quantcast
Channel: Die Hoorn
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5434

95 jaar vir vier skuldig aan verkragting

$
0
0

VIER mans is in die bestek van sowat twee weke gesamentlik 95 jaar gevangenisstraf opgelê nadat hulle in vier afsonderlike sake in die Oudtshoorn Streekhof skuldig bevind is aan verkragting.

Die provinsiale kommissaris van die Wes-Kaap, lt-gnl Thembisile Patekile, het die opsporings- en vervolgingspanne by die Oudtshoorn Polisie en Dysselsdorp Polisie geloof vir hul werk wat tot dié vonnisse gelei het.

“Hierdie skuldigbevindings van en lang vonnisse vir diegene wat die veiligheid van die samelewing bedreig het, behoort as afskrikmiddel te dien vir sulke oortreders. Die samelewing is baie veiliger met hulle in die tronk.”

Brig Susan Crafford, bevelvoerder van die Oudtshoorn Polisie, het die lede van die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings op Oudts­hoorn bedank vir hul ondersoeke wat gelei het tot die inhegtenisneming en vonnisse.

Die sake is die volgende:
• Jeremy Isaacs (36) van Ladismith is op 16 Februarie 2022 vir twee verkragtings onderskeidelik tot 25 en 20 jaar gevangenisstraf gevonnis.

• Anton May (40) is op 22 Februarie 2022 tot 20 jaar gevangenisstraf gevonnis vir die verkragting van ’n 15-jarige meisie in 2018 toe sy op pad was huis toe na ’n partytjie van ’n vriend. Sy het niemand van die verkragting vertel nie, totdat sy May weer in 2021 gesien het en toe ’n verklaring by die polisie gaan aflê het.

• Dawid Herman (21) is op 22 Maart 2022 tot 20 jaar gevangenisstraf gevonnis vir die verkragting en ernstige aanranding van sy vriendin oor ’n periode van twee jaar. Hy het haar telkemale met ’n mes gedreig.

• ’n 27-jarige man Van Dysselsdorp is op 4 Maart tot 10 jaar gevangenisstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van ’n 34-jarige vrou op 18 Oktober 2020 op Dysselsdorp.

The post 95 jaar vir vier skuldig aan verkragting appeared first on Die Hoorn.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5434