Quantcast
Channel: Die Hoorn
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5434

Kat verloor voorpoot na koeël in ‘skouer’

$
0
0

Deur Liesel le Roux

IN die huis van die Louw-gesin wat op die hoek van Keyter- en Hofstraat op Oudtshoorn woon, was daar die afgelope week groot ontsteltenis toe hulle ontdek het dat hulle een kat in sy “skouer” geskiet is.

Deon en Naomi Louw van Fleur Juweliers op Oudtshoorn sê hulle seun, Gerdean, het verlede Vrydag agtergekom dat iets verkeerd was met die kat, Chester, se een voorpoot.

Die poot het slap langs sy lyf gehang en dit was duidelik dat Chester nie wel gevoel het nie.

X-strale wat ’n veearts geneem het, het getoon dat daar ’n koeël in Chester se “skouer” sit. Chester se poot moes daarna afgesit word.

Chester is net meer as ’n jaar oud en volgens die Louws ’n liefdevolle kat.

Hulle was die week baie bekommerd oor hoe dié groot kat met net drie pote oor die weg sou kom.

“Ons het hom laat regmaak om te voorkom dat hy rondloop. Ons het gedoen wat ons kon om so iets te voorkom,” sê Naomi.

Volgens die egpaar het hulle geen idee wie op Chester geskiet het nie.

“Ons praat daaroor, want ons wil voorkom dat so iets weer gebeur,” sê Deon.

 


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5434