Quantcast
Channel: Die Hoorn
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5434

Vroeë Kersgeskenke vir 150

$
0
0

DAAR was groot vreugde in die Community Church in Springbokweg, Bridgton, toe past Johnny Baartman van die Huis van Gebed-gemeente in Rose Court geskenkpakkies oorhandig het aan 150 kinders van die gemeente. Die kerk het dié geskenke van Operation Christmas Child (OCC) van Amerika ontvang.

Volgens Baartman is die OCC ’n wêreldwye organisasie wat hom beywer om kinders te evangeliseer en geskenke in skoenbokse versprei.

Baartman is by die organisasie gere-gistreer en het hulle daarom versoek om ook van die geskenke na Oudtshoorn te stuur.

“Die geskenkpakkies uit Amerika word regoor Afrika versprei,” sê Baartman. “Ons was bevoorreg om vanjaar 150 daarvan te kry en dit tydens ’n spesiale diens in die Oudtshoorn Commuity Church uit te deel aan kinders van die Huis van Gebed-gemeente.

“Dit was verblydend om te sien hoe die kinders se gesiggies verhelder uit dankbaarheid om ’n geskenk te ontvang.”

Volgens hom is daar ’n verskeidenheid items soos klere, speelgoed en waslappe in die pragtig versierde skoenbokse.” (Deur Garnett Wicomb)

The post Vroeë Kersgeskenke vir 150 appeared first on Die Hoorn.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5434