Quantcast
Channel: Die Hoorn
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5434

’n Dubbele ongeluk!

$
0
0
MOTOR BRAND UIT LANGS GEORGE-PAD. Dit is al wat Maandag oorgebly het van die rooi  volkswagen Golf waarmee Preneze Pedro van Oudtshoorn Dinsdag tussen George en Oudtshoorn gery het. Die motor het begin rook en kort daarna aan die brand geslaan. Om alles te kroon was Preneze en haar man, Gavin, kort daarna in ’n botsing tussen twee voertuie betrokke toe hy haar dokter toe wou  neem. Foto: schalk le roux

MOTOR BRAND UIT LANGS GEORGE-PAD. Dit is al wat Maandag oorgebly het van die rooi volkswagen Golf waarmee Preneze Pedro van Oudtshoorn Dinsdag tussen George en Oudtshoorn gery het. Die motor het begin rook en kort daarna aan die brand geslaan. Om alles te kroon was Preneze en haar man, Gavin, kort daarna in ’n botsing tussen twee voertuie betrokke toe hy haar dokter toe wou neem. Foto: schalk le roux

Deur Liesel le Roux

TWEE inwoners van Oudtshoorn, Preneze en Gacin Pedro, is ongedeerd nadat hulle een voertuig Dinsdagmiddag op die Oudtshoorn-George-pad uitgebrand en hul ander voertuig kort daarna in ’n botsing betrokke was. Die Volkswagen Golf waarmee Preneze Dinsdagmiddag van George na Oudtshoorn gery het, het sowat 15 km van Oudtshoorn begin rook en kort nadat sy uit die voertuig gespring het, aan die brand geslaan.

Volgens Marie Nel wat in ’n voertuig kort agter Preneze was, het hulle gesien haar motor begin rook en hoe sy van die pad aftrek, stilhou en uitklim. Motors van weerskante het egter dadelik ook op die toneel begin stop terwyl mense selfone uitgehaal en begin foto’s neem het van die brandende motor. Sy sê sy en haar dogter, Deleze van der Walt saam met wie sy in die motor was, was baie bekommerd oor die veiligheid van die mense wat op die toneel afgeklim het.

Volgens Nel was die rook in ’n stadium so dik dat hulle bykans niks uit hul motor kon sien nie. Sy sê nooddienspersoneel het na sowat ’n halfuur aangedui dat hulle kon verbygaan en hul rit na Oudtshoorn voortsit. “Ons was skaars verby toe ons ’n ligflits gesien het soos die petroltenk ontplof het.” Gavin het na verneem word daarna sy geskokte vrou met sy kombi na ’n hospitaal op Oudtshoorn

geneem. Volgens sers Gretchen Michaels, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, het die kombi en ’n noodvoer tuig wat na die brandende voertuig op pad was, egter om ’n draai met mekaar gebots. Die noodvoertuig het in ’n sloot langs die pad beland. Preneze, wat voorheen by die CJ Langenhoven Gedenkbiblioteek op Oudtshoorn gewerk het, het inwoners vir hul ondersteuning op Facebook bedank en ook diegene wat haar op die toneel gehelp het. “Dankie vir julle belangstelling. Dit maak my hart warm. Ons het darem oorleef. Dank aan God en ’n paar vriendelike mense wat my te hulp gesnel het,” het sy geskryf.

Gavin het op navraag van Die Hoorn gesê hy wil eerder nie oor die voorvalle praat nie. Die Polisie ondersoek geen saak nie.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5434