DIE DA het ’n kortlys van drie potensiële kandidate gekies vir die tussen-verkiesing wat op Woensdag, 11 November, in Wyk 2 in Oudtshoorn plaasvind.
Die drie kandidate, almal bekende Oudtshoorniete wat baie by dorpsa-ke betrokke is, is dr Johan Strasheim, voorsitter van die Oudtshoorn Besigheidskamer, George Kersop, voorsitter van die Afriforumtak op Oudts- hoorn, en Lizanne Pelham, voorsitter van Orpa (Oudtshoorn Rate Payers Association).
Die wyk het vakant geraak toe Pierre Nel in Augustus as raadslid bedank het. Hy het terselfdertyd ook uit die DA bedank.
Hoewel die DA se besluit oor wie sy kandidaat is nie ’n openbare pro-ses is nie, het Die Hoorn van ’n ingeligte bron verneem dat gemelde persone die finale drie is waaruit die DA se kandidaat gekies sal word.
By navraag het Jaco Londt, DA-streeksvoorsitter in onder meer die Suid-Kaap, gesê hy voel opgewonde oor die gehalte van die drie mense.
“Al kan ons nou net een kandidaat kies, vertrou ek al drie sal betrokke bly tot 2016 se landwye algemene munisipale verkiesing.”
Volgens Londt behoort die DA- kandidaat vir Wyk 2 moontlik al teen Dinsdag aangekondig word.
Wat hul loopbane tot dusver betref, is Strasheim ’n oud-professor in be-dryfsingenieurswese by Tukkies en ’n wildkenner. Hy is tans ’n saadboer in die Lategansvlei-omgewing en dien in die direksies van KKI, KK Saadproduksie en KK Beherend.
Kersop, ’n oud-bankbestuurder, is die afgelope 27 jaar ’n onafhanklike finansiële adviseur, die afgelope dertien jaar op Oudtshoorn.
Pelham, wat ’n oud- provinsiale netbalspeler is en ’n bemarkings- en koördineringsagtergrond het, is die ondervoorsitter van Afriforum op Oudtshoorn en dien in Erfenis Oudtshoorn. Sy bedryf ook ’n gastehuis.
• Die ANC het sover bekend nog nie ’n kandidaat aangewys nie.
Dr David Piedt het by navraag ge-sê die WDF (Wyks- Demokratiese forum) oorweeg tans of hulle ’n kandidaat gaan stel, en indien wel, wie.
↧
DA stel kortlys op
↧