Quantcast
Channel: Die Hoorn
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5444

Rekenaars gegryp

$
0
0

Deur Liesel le Roux
DIE Wes-Kaapse Forensiese Ondersoekeenheid het verlede week op ver­skeie rekenaars van die Groter Oudts­- hoorn Munisipaliteit beslag gelê as deel van ’n forensiese ondersoek.
James-Brent Styan, woordvoerder van die Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, Anton Bredell, sê die forensiese ondersoek maak deel uit van die ingryping deur die nasio­nale en pro­vinsiale regering by die Oudtshoorn Munisipaliteit. Die munisipaliteit is ingevolge dié ingryping onder administrasie geplaas.
“Die beslaglegging op die rekenaars is gedoen op grond van inlig­ting wat ontvang is in verband met bewerings van wanbestuur,” het Styan Dinsdag gesê.
Volgens hom is die ondersoek in ’n gevorderde stadium.
Na bewering is rekenaars van se­nior amptenare onder die rekenaars waarop beslag gelê is. Die Cape Argus het Dinsdag berig dat “persone in die binnekringe van die munisipaliteit” gesê het die rekenaars van die waarnemende munisipale be­stuur­der, Ronnie Lottering, waarnemende finansiële bestuurder, Fran­- cois Human, en waarnemende direkteur tegniese dienste, Paul Müller, is onder die waarop beslag gelê is.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5444