
Louis Fourie (jr)
Deur Higgo Jacobs
Louis Fourie (jr) het Saterdag met ’n uitstekende bruto telling van 69 houe oor 18 putjies, drie onder baansyfer, die Oudtshoorn Gholfklub se maandelikse geborgde vleisdag gewen met 43 punte.
David Greeff was met 41 punte tweede. Chris Serfontein en D Venter, albei met 39, was op ’n uittel derde en vierde en Reinhardt van Coller (36 punte) vyfde.
Serfontein het op die 15de putjie die naaste aan die pen geslaan en ook ’n spogtwee hier aangeteken. Nog spogtwees is deur Leon Gouws en Christo Odendaal op die 8ste en Fourie op die 15de aangeteken.
Gouws het ook die boerpot met 11 punte op die gemerkte putjies gewen.
• Deon Barnard was Woensdag (16 September) op ’n uittel met 40 punte die wenner van die individuele stableford-kompetisie op Oudtshoorn se gholfbaan. Jurgens Burger was twee-de. William Malgas en Garth Mat-thews was op ’n uittel (38) derde en vierde en Gideon Badenhorst het met 37 punte vyfde geëindig.
Matthews het op die 3de die naaste aan die pen geslaan. Spogtwees is deur Malgas op die 8ste behaal en deur Ferdie Jonck op die 15de.