KINDERSORG OUDTSHOORN hou hul eerste skoonheidskompetisie volgende Woensdag, 30 September, as ’n inisiatief om fondse in te samel.
By dié geleentheid sal Mej Kindersorg Oudts-hoorn 2015, haar twee prinsesse asook Mej Persoonlikheid gekroon word. Die voorsitter van Kindersorg, Caroline Jansen, het dié projek geïnisieer as ’n jaarlikse instelling wat sy ook provinsiaal en nasionaal wil uitbrei.
“Dit is net die begin van groot dinge vir Kindersorg Oudtshoorn. Ons nooi die publiek hartlik uit om die projek te ondersteun,” sê Jansen.
Die kroningsaand begin om 19:00 in die skoolsaal van Bridgton Sekondêr. Toegang vir volwassenes is R50, ’n vingerete ingesluit. Leerders en kinders betaal R10 en verversings vir hulle sal te koop aangebied word. House of Entertainment met Paul Amas sal die aand opkikker met hul musiek. Gelukkige trekkings en vele verrassings is ook in die pyplyn.
Shirley Erasmus is die organiseerder van die projek. Die finaliste is leerders van Bridgton Sekondêr, Aurial Kollege, Hoërskool Oudtshoorn en Sacred Heart.
↧
Eerste skoonheidskompetisie
↧