OUDTSHOORNIETE sal maar weer hul kleingeld uit die sak moet haal vir parkering in die middedorp.
Volgens die woordvoerder van die Oudtshoorn Munisipaliteit, Ntobeko Mangqwengqwe, het die munisipaliteit verlede Donderdag (17 September) met Traffic Management Systems vergader en is die voorwaardes van die kontrak weer bespreek en daar sekere besluite geneem.
Traffic Management Systems is die besigheid aan wie die kontrak vir die lopende parkeermeters verlede jaar toegeken is.
“Vir die volgende drie maande sal hulle toegelaat word om verder parkeertariewe te in,” het Mangqwengqwe gesê.
Volgens Mangqwengqwe is daar ’n klousule in die kontrak wat Traffic Management Systems nog ’n geleentheid bied om die voorwaardes van die kontrak na te kom indien daar gevind word dat hulle sekere voorwaardes nie kon nakom nie.
Hy het gesê ’n persentasie van die geld wat deur inwoners vir parkeertariewe betaal word, sal wel nou deur die besigheid aan die munisipaliteit oorbetaal word.
↧
Lopende parkeermeters weer terug in Oudtshoorn se strate
↧