Quantcast
Channel: Die Hoorn
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5444

Streng waarskuwing ná Facebook-kommentaar

$
0
0
1 Screen grab Facebook

’n Skermgreep van die kommentaar op Facebook waarvoor ’n munisipale amptenaar in ’n interne munisipale tugverhoor moes verskyn.

’N AMPTENAAR van die Groter Oudtshoorn Munisipaliteit, Vuyisa Forplay, het ’n skriftelike waarskuwing ontvang ná ’n interne tugverhoor oor ’n rassistiese Facebook-inskrywing wat hy verlede jaar geplaas het.
Forplay is skriftelik gewaarsku oor die erns van die aangeleentheid en dat soortgelyke optrede deur hom tot streng tugoptrede soos ontslag sal lei.
Ntobeko Mangqwengqwe, woordvoerder van die Oudtshoorn Munisipaliteit, het gister op ’n navraag van Die Hoorn oor die aangeleentheid gereageer. Volgens Mangqwengqwe is die tugverhoor reeds in November afgehandel.
“Die Oudtshoorn Munisipaliteit het ’n volledige ondersoek na Forplay se optrede gedoen ingevolge die Arbeidswet en die Onderhandelingsraads-ooreenkoms terwyl die konteks en omstandighede van die inskrywing op Facebook in ag geneem is,” het Mangqwengqwe gesê. Versagtende omstandighede is ook in ag geneem.
Tydens die tugondersoek is bevind dat Forplay berou getoon het en om verskoning gevra het vir sy skrywe.
Hy moet voorts vir diversiteitbestuursberading gaan en hom voortaan aan die gedragskode van die munisipaliteit onderwerp.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5444