
Donelle Fortuin (24), jong Oudtshoorniet, wat besig is om landwyd die aandag as mode-ontwerper te trek. Hier wys sy foto’s van ’n model in een van haar haar ontwerpe.
Foto: Liesel le Roux
Deur Liesel le Roux
SY is altyd vriendelik. Klein en fyn. Selfs skugter. Perfeksionisties. Ingestel op detail. En nou ook besig om naam te maak as opkomende jong Suid-Afrikaanse modeontwerper.
Ontmoet vir Donelle Fortuin (24), oud-leerder van Laerskool Van Reede, Hoërskool Oudtshoorn, en oud-student van CPUT waar sy einde verlede jaar ’n graad in modeontwerp verwerf het.
En nou is Donelle ook een van 10 jong belowende mode-ontwerpers wat uit baie inskrywings landwyd gekies is as semi-finaliste vir deelname aan die SA Fashion Week se Sunglass Hut New Talent Search.
Sy was in ekstase toe sy dit hoor, sê Donelle. Hierdie talentsoeke het immers in vorige jare van Suid-Afrika se groot ontwerpers soos David Tlale en Gert-Johan Coetzee bekend gemaak.
Donelle is tans hard aan die werk aan die voltooiing van haar reeks wat sy hiervoor ingeskryf het en wat van 20 September by die modeweek in Johannesburg te sien gaan wees – ’n herfs-/winterreeks vir 2017 met baie aandag aan detail, die gebruik van verskillende stowwe en teksture. Verwag ’n kreatiewe verskeidenheid – van plastiek tot die handbreiwerk van haar handvaardige ma, Marjorie!
Dit is vir Donelle belangrik om te fokus op wat eie aan Oudtshoorn en Suid-Afrika is in al die werk wat sy doen. Die etiket waaronder sy werk – ODON – slaan immers op Oudtshoorn en haar naam Donelle, of Donnie soos haar familie haar noem.
Dit is ook duidelik dat sy baie goed nadink en heelwat navorsing doen wanneer sy op ’n reeks of ontwerp moet besluit. Donelle vertel dat sy reeds in Augustus in Johannesburg was vir ’n ontwerpersvergadering en weer binnekort daarheen vertrek vir die pas en afronding van haar ontwerpe.
Dit lyk inderdaad of 2016 die jaar van deurbrake is vir Donelle.
Dit het begin toe die mode-ontwerpstudente van CPUT nie einde 2015 hul reekse met ’n modevertoning kon bekend stel nie as gevolg van die Fees must fall-opstande by universiteite. Sy het toe die reeks wat sy daar sou vertoon, vir ’n kompetisie van die Cape Town Fashion Council ingeskryf en onder die top 40 gekom.
“Ek het in daardie stadium nadat ek my studie voltooi en besluit het om terug te kom Oudtshoorn toe, besef ek moet my label ernstig opneem en hard werk om dit te vestig, want dit was wat ek met my lewe wou doen,” sê Donelle, en voeg by: “Dis in elk geval nie regtig vir my ’n werk nie. Dit is waarvan ek hou.”
In Junie het Donelle die geleentheid gehad om ’n ontwerp te kon doen wat gekeur is vir die Mercedes Benz International Film Festival in Kaapstad – ’n koninklike aandrok. Hiervoor is sy en haar model, Sherelle Joubert, Kaapstad toe .
Kort hierna het die SABC2-aanbieder Tracy-Lee Rosslind haar gekontak en gevra of sy ’n wit volstruisveerromp van ODON kon dra vir ’n foto vir die aanlyntydskrif Glamour, omdat sy graag Suid-Afrikaanse ontwerpers aan die publiek wou bekend stel.
Waar dit alles begin het?
Donelle vertel dat sy altyd op skool ’n plakboek gehad het waarin sy prente van mooi rokke geplak het. Sy sê sy was ook nog van altyd af baie lief vir teken.
“Eers in graad 11 het ek egter begin dink modeontwerp is iets waarvan ek hou en dat ek dit eendag my loopbaan sal wil maak.”
• THE American Brewer Association considers a craft brewery to be small, independent and traditional. A microbrewery or craft brewery is a brewery that produces small amounts of beer, typically much smaller than large-scale corporate breweries, and is independently owned. Such breweries are generally characterized by their emphasis on quality, flavour and brew-ing technique. (Source: safro.info)
• The microbrewing movement began in the United Kingdom in the 1970’s although traditional artisanal brewing existed in Europe for centuries. As the movement grew the more encompassing concept of craft brewing emerged. (wikipedia.com).