Quantcast
Channel: Die Hoorn
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5444

Net die ding vir avontuursoekers!

$
0
0
Die Cango Caves Zipline is van vandag af oop vir die publiek. Hier is twee van Cango Caves Zipline se operateurs besig met hul finale opleiding om seker te maak alles is reg vir die opening vandag.

Die Cango Caves Zipline is van vandag af oop vir die publiek. Hier is twee van Cango Caves Zipline se operateurs besig met hul finale opleiding om seker te maak alles is reg vir die opening vandag.

Nuwe ‘zipline’ vandag oop!

DIE nuwe “ziplines” by die Cango Caves Estate by die Kango Grotte is van vandag af amptelik oop vir avontuursoekers en adrenalienvrate.
Daar is twee dubbellyne. Die eerste dubbellyn begin langs die parkeerterrein van die Kango Grotte en gaan oor ’n vallei voordat dit 180 meter verder teen ’n berghang eindig.
Van daar stap ’n mens na die begin van die tweede “zipline” teen die oorkant van die berghang.
Dié dubbel“zipline” is 500 meter lank en sover bekend een van die langstes in die land.
Volgens Jean Botha, eienaar/bestuurder van die Cango Caves Zipline, is veral die rit op die tweede “zipline” baie opwinding.
“As ’n mens jou lyf dun hou en die wind waai van agter, kan ’n mens taamlik vinnig daar afgly.
Hoe swaarder ’n mens is, hoe vinniger gaan jy natuurlik af beweeg,” voeg hy by.
Hoewel die ziplinekabel ’n drakrag van 17 ton per kabel het, het Cango Caves Zipline ’n gewigsbeperking van 45 tot 110 kg.
Botha gee die versekering dat al hul veiligheidsmaatreëls in plek is. “Naby aan die einde van die lyn, is daar ’n outomatiese remstelsel wat ’n mens se vaart voldoende breek. Aan die einde is ook ’n veerstelsel wat in ’n noodgeval verseker dat ’n mens betyds tot stilstant kom.
Volgens Botha het hulle ses operateurs, opgelei deur Canopy Tours, wat die publiek sal bystaan en na hul veiligheid sal omsien.
Hy sê besprekings is noodsaaklik omdat slegs ’n beperkte hoeveelheid mense per dag kan ry.
Vir veilig­heidsredes word net een ryer per keer op elke lyn toegelaat.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5444