Quantcast
Channel: Die Hoorn
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5434

Relay for Life 2017 skop af!

$
0
0
Komiteelede van Oudts­hoorn Relay for Life, vrywilligers van Kansa en leerders van Fezekile en Bridgton Sekondêr tydens die bekendstelling van Relay for Life 2017 en Purple John. Foto: Garnett Wicomb

Komiteelede van Oudts­hoorn Relay for Life, vrywilligers van Kansa en leerders van Fezekile en Bridgton Sekondêr tydens die bekendstelling van Relay for Life 2017 en Purple John. Foto:
Garnett Wicomb

Deur Garnett Wicomb
Die bekendstelling van Purple John CG, een van die projekte van die Oudtshoorn Relay for Life-komitee om fondse vir kankernavorsing in te samel, het onlangs voor Pick n Pay plaasgevind en baie byval gevind. Dit was ook die afskop vir volgende jaar se Relay wat op 4 en 5 Februarie 2017 op die De Jager-atletiekstadion plaasvind.
“Die Relay is ’n unieke ondervinding wat vir almal die kans gee om deel te neem aan die geveg teen kanker,” se Riana Lindeque, voorsitter van die Relay-komitee.
Purple John, ’n simboliese toilet waar­mee kanker “weggespoel” word, sal volgens Lindeque tot met die Relay voor verskillende besighede te sien wees. Die publiek kan bydraes tot die veldtog deur ’n gleufie in die “toilet” gooi.  Dit staan tans voor die Oudtshoorn Spar.
“Die Relay for Life her­denk kankeroorwinnaars, onthou die wat die stryd teen kanker verloor het en bring ons nader aan mekaar om terug te veg en ’n wêreld sonder kanker te bou.”
Sy het ’n beroep op inwoners van die distrik gedoen om die fondsinsamelings­veldtog te steun en nou al spanne vir volgende jaar se Realy in te skryf. Sy het ook skole soos Fezekile Sekondêr en Bridgton Sekondêr waarvan leerders by die projek betrokke is, bedank.
Met die Relay maak spanne van tussen 10 en 15 mense beurte om rondom ’n baan te stap.“Omdat kanker nooit slaap nie, word van spanne verwag dat ten minste een spanlid altyd om die baan moet stap gedurende die 12 uur-program.”
Inskrywingsgeld is R700 per span en sluit 10 Luminaria-sakkies in.  Individue kan teen R50 deelneem.
Luminaria-sakkies wat om die baan ge­pak word sodra dit donker word, word versier om eer te bring aan die wat die stryd verloor het. Kerse in die sakkies word aangesteek wat die begin is van ’n gewyde seremonie. ’n Vermaaklikheids-program word ook aangebied.
Spanne wat wil inskryf, kan Vicky Scheepers kontak by rflspanne@gmail. com. Riana Lindeque kan gekontak word by 044 272 0039.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5434