Quantcast
Channel: Die Hoorn
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5434

Staatsamptenaar voor vir verdoeseling van R600 000

$
0
0

’N WERKNEMER van die Departement van Vervoer op Oudtshoorn het op 18 Oktober op ’n klagte van bedrog en diefstal in die Oudtshoorn Streekhof verskyn nadat sy vroeër dieselfde dag in hegtenis geneem is.
Volgens kapt Lloyd Ramovha, woordvoerder van die Valke, word Grace Malgas (32) daarvan beskuldig dat sy nagenoeg aan R600 000 verdoesel het terwyl sy  ’n finansiële klerk  in diens van die departement was.
“Daar word beweer dat Malgas tussen 2013 en vanjaar onwettiglik stelsels gemanipuleer het om fondse in haar persoonlike rekening in oor te betaal.
“Sy het dit gedoen deur om haar toesighouer se ID te gebruik om onwettige oorbetalings te magtig,” het Ramovha gesê.
Malgas is tans uit op borgtog.
Die saak is in die streekhof tot 17 November uitgestel.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5434